On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 12 Oct 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag, alhoewel dit nie groot prysbewegings was nie.

In Brasilië is 38% van die mielies vir die seisoen reeds aangeplant. Dit is 1% minder as die vorige seisoen se aanplantings tot datum.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R26/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 174/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R37/ton laer verhandel om teen R3 304/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het onder druk gekom en het ongeveer 1% laer gesluit vir die dag .

In Brasilië is 10% van die sojabone vir die seisoen reeds aangeplant. Dit is 7% meer as die vorige seisoen se aanplantings tot datum.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R50/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 200/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel vir die dag en het byna onveranderd gesluit.

Rusland het hul verwagte koringproduksie vir die seisoen afwaarts aangepas vanaf die vorige seisoen se skatting.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R15/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 670/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.