Agri Hour
SA wolmark verhandel vandeesweek sywaarts─── 05:00 Fri, 15 Oct 2021
Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek ‘n relatiewe goeie vertoning gelewer en het ook sywaarts verhandel.
Dit, ten spyte van die verswakking in die Australiese wolmark en die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede.
Sien onderstaande PODCAST
Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê wol wat hierdie week in die makelaars se pakhuise ontvang is, 9% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen.
Volgens Victor het die meerderheid van die aanbieding uit fyner Merinowol bestaan, met dieselfde volumes medium en lang wol, waarvan 36,2% uit volhoubaar gesertifiseerde wol bestaan het.
Hy deel dat dit weer eens gesorg het vir gesonde kompetisie tussen kopers, wat bygedra het tot die positiewe vertoning van die mark.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende veiling is geskeduleer vir 20 Oktober 2021. Daar word verwag dat sowat 8 680 bale aangebied sal word.
Victor herinner produsente dat inweeg vir die laaste veiling van 2021 op 3 November 2021 sluit. Dit sal vir katalogus CB16 wees.
OFM-nuus
