On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 15 Oct 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: OFM-nuus

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het ongeveer 0,75% sterker verhandel vir die dag.

Die ondersteuning in die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan 'n oorspoel-effek vanaf ander markte.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R59/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 081/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R61/ton laer verhandel om teen R3 187/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag.

Private uitvoerders het groot uitvoerverkope aan die USDA gerapporteer, wat bygedra het tot die ondersteuning van die Amerikaanse mark.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R90/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 000/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die Amerikaanse koringmark het ondersteuning gevind as gevolg van die goeie vraag na uitvoer.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R27/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 664/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.