On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 20 Oct 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: mashed.com

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 52% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds gestroop.

Die 52% wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 57%, maar meer as die 5-jaar gemiddelde tempo van 41% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R15/ton laer verhandel om teen R3 120/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R17/ton laer verhandel om teen R3 228/ton te sluit.


Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 60% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds gestroop.

Die 60% wat wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 73%, maar meer as die 5-jaar gemiddelde tempo van 55% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 onveranderd vir die dag teen R7 030/ton gesluit.


Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 70% van die Amerikaanse winterkoring reeds geplant.

Die 70% wat reeds geplant is, is minder as die vorige seisoen se 76%, maar 1% minder as die 5 jaar gemiddeld teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R12/ton laer verhandel om teen R5 730/ton te sluit.



OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.