On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

SA/Lesotho-grens groot kopseer vir landbougemeenskappe

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 08 Nov 2021

SA/Lesotho-grens groot kopseer vir landbougemeenskappe  | News Article

Die veiligheid van landbougemeenskappe langs die Suid-Afrika/Lesotho-grens bly steeds ‘n groot bron van kommer.

Dit, nadat drie plaaswerkers onlangs op die plaas Balmacara in die Vanstadensrus-area aangeval en geskiet is. 

Volgens Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheidskomitee, is die plaas Balmacara al vir jare gekenmerk as 'n brandpunt-area vir oorgrens-misdaadaktiwiteite. 

Sien onderstaande PODCAST

Le Roux beklemtoon die gebrek aan mannekrag van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) langs die grens en sê in ‘n verklaring dat “die feit dat kriminele gewapen is, plaas nog groter druk op landbougemeenskappe om hulself te beveilig weens die gebrek aan genoegsame mannekrag, toerusting en voertuie by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en SAPD om oorgrensveiligheid en -misdade effektief aan te spreek.”

In Oktober alleen was daar ses voorvalle by verskeie grensdorpe waartydens slagoffers geskiet en/of gesterf het weens plaasaanvalle.

LEES: Lesotho-grens in kollig tydens vergadering tussen VS- en Lesotho rolspelers

OFM-nuus het vroeër berig dat VL, die Vrystaatse LUR van Polisie, Paaie en Vervoer, Sam Mashinini, SANW, SAPD, plaaslike landbougemeenskappe en eweknieë uit Lesotho, in Mei vanjaar in die Klaarwater-omgewing vergader het. Vee- en veral motordiefstal vanuit Suid-Afrika was van die kwellende kwessies wat tydens hierdie vergadering bespreek is.

Die skietvoorval wat op 28 Oktober op die plaas Balmacara plaasgevind het, het tot die dood van een van die drie plaaswerkers gelei, en volgens Le Roux, was die werkers deur vyf aanvallers, afkomstig vanaf Lesotho, geskiet. Hy sê die aanvallers het klaarblyklik weer oor die grens terug beweeg na Lesotho toe.

“VL doen 'n ernstige beroep op die hoofde van die SANW, die SAPD, die Ministers en die President om die grenssituasie te prioritiseer met groter hulpbronne om verdere lewensverliese te verhoed.”



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.