On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 15 Nov 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die ondersteuning aan die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die hoër vraag na etanol in die VSA.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag gemeng verhandel met van die witmieliekontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl meeste van die geelmielie-kontrakte onder druk gekom het.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R6/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 248/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R16/ton laer verhandel om teen R3 403/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het tussen 1,4% en 1,8% hoër gesluit vir die dag.

Die ondersteuning in die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die goeie uitvoer wat vir die week gerapporteer was.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R14/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 181/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die verwagting dat Rusland hul koringuitvoere vir die 2de helfte van 2022 sal beperk, bied ook ondersteuning aan die internasionale koringmarkte.

Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R39/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 917/ton te sluit.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.