On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Sun, 17 Oct 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 91% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds gestroop.

Die 91% wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 94%, maar meer as die 5-jaar gemiddelde tempo van 86% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R8/ton hoër verhandel om teen R3 315/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R17/ton hoër verhandel om teen R3 457/ton te sluit.

 

Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 92% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds gestroop.

Die 92% wat wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 95%, asook minder as die 5-jaar gemiddelde tempo van 93% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R70/ton hoër gesluit vir die dag om teen R7 300/ton te sluit.


Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 94% van die Amerikaanse winterkoring reeds geplant.

Die 94% wat reeds geplant is, is minder as die vorige seisoen se 96%, maar gelykstaande aan die 5-jaar gemiddeld teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R8/ton laer verhandel om teen R5 935/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.