On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Verswakking van Rand lei tot versterking in SA wolmark

───   05:00 Fri, 19 Nov 2021

Verswakking van Rand lei tot versterking in SA wolmark | News Article
Foto geneem deur OFM (Nampo)

Die versterking in die Suid-Afrikaanse wolmark kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die verswakking van die Rand teenoor die VSA Dollar.

Sien onderstaande PODCAST 

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê wol wat hierdie week in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 11,8% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen.

Hy deel dat volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol weer eens gelei het tot gesonde kompetisie tussen kopers.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 24 November. Daar word verwag dat sowat 13 424 bale aangebied sal word.

Victor herinner produsente dat die laaste veiling van 2021 op Desember sluit. Dit sal vir katalogus CB16 wees.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.