On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agri Hour

Kanse goed vir ‘n nat Kersfees

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 23 Nov 2021

Kanse goed vir ‘n nat Kersfees | News Article

Die kanse is groot dat ons vanjaar ‘n nat Kersfees gaan hê.

Dit, soos sekere gedeeltes van die land reeds soveel as 150mm reën gekry het, en Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê dat dit moontlik die tendens in Desember gaan wees.

Sien onderstaande PODCAST

Reën vir die res van die week

Sekere dele van die Vrystaat-provinsie het Sondag tussen 30mm en 40mm reën gehad.

Van den Berg sê die Oos-Vrystaat, wat dorpe soos Bethlehem en Reitz insluit, het egter nie reën gekry nie en dat van die boere in hierdie stadium nie kan aanplant nie omdat die grond droog begin word het.

Hy sê voorspellings toon dat 'n redelike goeie kans vir reën weer Maandag en Dinsdag in dele van die provinsie bestaan, terwyl reën weer Woensdag en Donderdag sal opklaar. Weervoorspellings toon verder dat dit moontlik weer dié komende naweek sal reën.

Daar ontstaan ook 'n goeie kans dat die suidwestelike gebiede van die Noord-Kaap die komende naweek reën sal ervaar. Van den Berg sê alhoewel hierdie gebiede goeie reën in Oktober gekry het, is daar steeds gebiede wat opvolg reën moet kry. Dit het veroorsaak dat die veld nog nie goed herstel het nie.


Waarskuwing vir boere wat naby damme woonagtig is

Boere wat naby hierdie damme woonagtig is, moet in ag neem dat een van die groot risiko's is dat meeste van die damme meer as 80% vol is, en sou daar nog swaar reën voorkom, is die waarskynlikheid vir vloede langs die Vaal- en Oranjerivier, onder meer, redelik groot.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.