Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 23 Nov 2021

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het ongeveer 1% sterker verhandel vir die dag.
Die weeklikse uitvoerinspeksies, wat deur die USDA bekend gemaak word, is 29% laer as die vorige week se weeklikse uitvoerinspeksies.
Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R27/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 400/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R27/ton hoër verhandel om teen R3 544/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die weeklikse uitvoerinspeksies van sojabone was 29% laer as die vorige week se uitvoerinspeksies.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R108/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 480/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die weeklikse uitvoerinspeksies van koring was 54% laer as die vorige week se uitvoerinspeksies.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R107/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 175/ton te sluit.
OFM-nuus