On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Verbetering in Australiese wolmark, verswakking in Rand lei tot versterking in SA wolmark

───   05:00 Fri, 26 Nov 2021

Verbetering in Australiese wolmark, verswakking in Rand lei tot versterking in SA wolmark | News Article

Die verbetering in die Australiese wolmark sowel as die verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, het vandeesweek gelei tot die versterking in die Suid-Afrikaanse wolmark.

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê wol wat hierdie week in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 11,6% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. 

Hy deel dat volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weer eens goeie aandag geniet tydens die veiling. Dit, terwyl gesertifiseerde wol ook beter presteer het as die mark gemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het. 

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende en laaste veiling van die jaar is geskeduleer vir 1 Desember. Daar word verwag dat sowat 15 982 bale aangebied sal word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.