Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 30 Nov 2021

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die weeklikse uitvoerinspeksies, wat deur die USDA bekend gemaak word, het aangetoon dat die weeklikse mielie uitvoerinspeksies ongeveer 724 000 ton was. Dit was nader aan die onderkant van die weeklikse handelsverwagtinge.
Mexiko was die grootste koper van Amerikaanse mielies vir die week.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R8/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 380/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R12/ton hoër verhandel om teen R3 568/ton te sluit.
Sojabone:
Die weeklikse uitvoerinspeksies van sojabone was 12% laer as die vorige week se uitvoerinspeksies.
China was die grootste koper van Amerikaanse sojabone vir die week.
Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R12/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 450/ton te sluit.
Koring:
Die weeklikse uitvoerinspeksies van koring was 30% hoër as die vorige week se uitvoerinspeksies.
Die Filippyne was die grootste koper van Amerikaanse koring vir die week.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R53/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 280/ton te sluit.
OFM-nuus