On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Landbou-ekonoom praat oor die hoogte- en laagtepunte van 2021

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 01 Dec 2021

Landbou-ekonoom praat oor die hoogte- en laagtepunte van 2021 | News Article

Dis geen geheim dat 2021, net soos 2020, grootliks deur die Covid-19-pandemie gedryf is nie.

Alhoewel die landboubedryf as noodsaaklik verklaar is gedurende inperkingsvlakke, is daar landboubedrywe soos die wynbedryf wat hard getref is. 

Dan is daar ook dieresiektes en onderwerpe soos grondhervorming wat van die gewilde onderwerpe in landbougemeenskappe was. 

Sien onderstaande PODCAST

Dr. WA Lombard, ‘n landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor  van die hoogte- en laagtepunte van 2021:


Hoogtepunte

Volgens Lombard sluit hoogtepunte in die goeie reënval wat in dele van die land geval het. Dit het daartoe gelei dat veral graanprodusente goeie oeste kon produseer. Met die goeie oeste het graanprodusente ook goeie graanpryse behaal, wat toegeskryf kan word aan die wêreldprys wat hoog gebly het.

Daarmee saam het die vraag na vee ook geweldig toegeneem omdat goeie weiding weer beskikbaar is, wat produsente weer in staat gestel het om hulle kuddes op te bou.

Nóg ‘n hoogtepunt van 2021, is die waarde wat landbou tot die land se Bruto Binnelandse Produk (BBP) gevoeg het, sê Lombard. Hy voeg by dat die bedryf aanhoudend goed presteer, wat ‘n goeie aanduiding is van hoe goed die boere presteer.

Verder is die rentekoers, wat vir lank laag was, ook ‘n hoogtepunt wat boere in staat gestel het om hulle skuld vinniger af te betaal voordat dit weer verhoog is.


Uitdagings

Saam met die goeie reënval is daar gebiede wat oorstromings ervaar het. OFM-nuus het vroeër dié jaar berig oor vloede en oorstromings in sentraal Suid-Afrika. In die Noordwes, sou minstens R35 miljoen gebruik word om 1 200 huise, wat deur die vloede in Februarie beskadig is, te herbou.

In Maart vanjaar is minstens twintig gesinne, wat die slagoffers geword het van vloede in Qwaqwa in die Vrystaat, erg deur swaar reën getref en moes verskuif word. Gesinne in Tseki, Mphatlalatsane en Slovo Park is deur swaar reën geraak.


LEES: Over 1000 houses were damaged by floods in NW


Die tekort aan inentings vir dieresiektes by die Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) was en is steeds ‘n groot uitdaging. OFM-nuus het Maandag berig dat daar ‘n tekort aan entstowwe vir Onderstepoort se perdesiekte-entstof is.

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het in ‘n verklaring gesê dit verwelkom egter die versekering wat OBP gegee het dat gebeurlikheidsplanne geïmplementeer en noukeurig gemonitor word om te verseker dat produksie-uitsette aan die vraag voldoen, en die versekering aan die Perdebedryf dat alle pogings aangewend word om te verseker dat die entstof vroeg in Desember 2021 beskikbaar sal wees.

Hoë insetkostes is ook ‘n doring in die vlees vir veral graanboere. Diesel-, petrol- en kunsmispryse het die hoogte ingeskiet, wat druk op boere se winsmarges plaas.

Laastens noem Lombard dat die Landbank ook steeds sukkel om hulle skuld te delf. Hy sê dit het daartoe gelei dat van hulle produksiekrediet wat die bank deur verskillende korporasies uitleen aan die produsente, teruggetrek het.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.