On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

2022-vooruitsigte: Goeie reën is gelyk aan goeie oeste

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 06 Dec 2021

2022-vooruitsigte: Goeie reën is gelyk aan goeie oeste | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Goeie graanoeste weens verwagte goeie reënval, sowel as ‘n verwagte hoë vraag na vee is van die voorspellings vir 2022.

OFM-nuus het met dr. WA Lombard, ‘n landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor hoe landbou-vooruitsigte vir die nuwe jaar lyk.

Sien onderstaande PODCAST

Lombard deel dat weerkundiges verwag dat reënval, wat soortgelyk is aan dié van 2021, in 2022 sal voorkom. Dit sal dan daartoe lei dat graanprodusente weer eens goeie oeste produseer.

Daarmee saam word verwag dat weiding weens die reënval in goeie toestande sal wees, wat volgens Lombard daartoe gaan lei dat die vraag na vee hoog sal bly. Indien dit die geval sal wees, sal die mark vir teeldiere ook sterk bly.

Maar, soos wat daar verwag word dat Suid-Afrika goeie reën gaan ervaar, word daar ook verwag dat Amerika nie so gelukkig sal wees nie. Amerika is ‘n groot rolspeler in die produksie van mielies en affekteer ook die wêreldmieliepryse.

Verder noem Lombard dat vooruitsigte toon dat rentekoerse in die nuwe jaar, en in die jare vorentoe, aanhou sal verhoog. “So, dan gaan skuld duurder word. Produksiekrediet gaan basies duurder word om jou skuld terug te betaal,” noem Lombard.

Hy deel verder dat daar sprake is dat Al Mawashi meer gereeld skape wil uitvoer, wat Lombard noem iets goed vir Suid-Afrikaanse skaapprodusente is.

Saam met goeie reën is daar ook die risiko van dieresiektes, en die Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) sukkel tans om entstowwe vir dieresiektes soos die Afrika Perdesiekte te produseer.      

LEES: Landbou-ekonoom praat oor die hoogte- en laagtepunte van 2021 

OFM-nuus het verlede week berig dat Lombard die hoogtepunte sowel as uitdagings van 2021 uitgelig het. Hy het gedeel dat die hoogtepunte die goeie reënval wat in dele van die land geval het, insluit, wat daartoe gelei het dat veral graanprodusente goeie oeste kon produseer. Met die goeie oeste het graanprodusente ook goeie graanpryse behaal, wat toegeskryf kan word aan die wêreldprys wat hoog gebly het.

Nóg ‘n hoogtepunt van 2021, is die waarde wat landbou tot die land se Bruto Binnelandse Produk (BBP) gevoeg het, sê Lombard. Hy voeg by dat die bedryf aanhoudend goed presteer, wat ‘n goeie aanduiding is van hoe goed die boere presteer.

Hy het ook genoem dat van die uitdagings vir 2021 insluit die oorstomings weens te veel reën, sowel as hoë insetkostes wat druk op produsente plaas.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.