On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 06 Dec 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het ongeveer 1.5% sterker verhandel vir die dag.

Die verwagting vir die week se nuutste wêreldvraag en -aanbodverslag is dat die mielie-eindvoorraad afwaarts aangepas sal word vanaf die vorige skatting.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R94/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 412/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R73/ton hoër verhandel om teen R3 559/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het 2% sterker verhandel vir die dag.

Die verwagting vir die week se nuutste wêreldvraag- en -aanbodverslag is dat die sojaboon-eindvoorraad opwaarts aangepas sal word vanaf die vorige skatting.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R144/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 500/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag onder druk gekom en het tussen 1% en 2% laer gesluit vir die dag.

Die verwagting vir die week se nuutste wêreldvraag- en -aanbodverslag is dat die koring-eindvoorraad opwaarts aangepas sal word vanaf die vorige skatting.

Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R130/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 225/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.