On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

VS Landbou stel distrik-vloedrampverklaringsproses in werking

───   05:30 Mon, 10 Jan 2022

VS Landbou stel distrik-vloedrampverklaringsproses in werking | News Article
Foto: agriculture.com

Die reën het hierdie week voortgegaan om verwoesting te saai in baie dele van die Vrystaat.

Sien onderstaande PODCAST

"Dringende ingryping gaan nodig wees om te help om vloedgeteisterde boere in die Lejweleputswa-distrik op hul grond te hou,” sê Vrystaat Landbou se Jakkals le Roux.

Enorme vloedskade is ook aangemeld in die Tokologo-munisipaliteit tussen Hertzogville en Christiana, in Tswelopele tussen Bultfontein en Wesselsbron en in die Masilonyana-munisipaliteit, waar 'n mynuitskotdam - waarin die munisipaliteit rou riool vrylaat - se walle gebars het en massiewe stukke plaasgrond oorstroom het, moontlik met gekonsentreerde arseen en swaar metale.

Benewens moontlike belastingverligting-ingrypings van 'n regering wat sonder kontant sit, doen VL ook 'n beroep op landboubesighede, banke en versekeringsmaatskappye om ook met maniere vorendag te kom om hul lojale kliënte op hul plase te help hou, aangesien staatshulp alleen nie sommige boere sal help wat die produksie-insetkapitaal verloor het asook ‘n hele produksieseisoen beleef. 

Le Roux meld dat omvattende dekkingsversekering nie meer bestaan nie en boere moet spesifiseer of hulle vir hael, ryp, sprinkane en/of chemiese skade verseker. Daar kan nie vir vloede en droogtes verseker word nie, slegs insetkosteversekering waar 'n produksielening aangegaan word om 'n gewas te plant.

Hy sluit af deur te sê “selfs al droog dit genoeg uit ná historiese rekord hoë reënval in baie dele van die Vrystaat, is dit te laat om mielies, soja en selfs sonneblomme te herplant. 

"Waar gewasse oorleef, ding dit mee met 'n sterk onkruidgroei met alle kunsmis wat weggeloop het en dus duur blaarvoeding of top-bemesting vereis om ‘n ordentlike oes te behaal. Baie boere wag steeds dat watervlakke daal wat hulle in hul lande kan kry om die skade behoorlik te bepaal.”



OFM-nuus/Lee Simmons


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.