On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 12 Jan 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Let wel, hierdie verslag is Dinsdag 11 Januarie vrygestel.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister se sessie swakker gevaar en het 1,25% laer verhandel teen sluitingstyd.

Hierdie verlies is weens weervoorspellings wat broodnodige reën voorspel vir Brasilië en Argentinië.

Die eerste WASDE-verslag vir die jaar word op 12 Januarie vrygestel. Daar word verwag dat dit ‘n verlaging in Amerikaanse en wêreldeindvoorrade sal aandui.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R11/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 593/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R23/ton hoër verhandel om teen R3 650/ton te sluit.


Sojabone:

VSA se sojaboonpryse het noemenswaardige prysverlagings ervaar, veral ná Vrydag se goeie sessie weens reënvoorspellings vir Brasilië wat handelaars gedruk het om wins te neem.

Die plaaslike mark het aangepas by die positiewe Amerikaanse mark weens droë toestande in Suid Amerika. Die mark het baie goed presteer met almal behalwe een van die kontrakte wat betekenisvol verhoog het.

Die soja Januarie ’22-kontrak het R92/ton hoër verhandel teen R8 212/ton. Die soja Maart ’22-kontrak het R104 hoër teen R8 180/ton verhandel. Die soja Mei ’22-kontrak het teen R8 112/ton, ‘n stewige R112 hoër.


Koring:

Amerikaanse koringpryse het gemeng verhandel, maar meestal positief gesluit.

Winterkoringpryse het versterk maar lentepryse het verswak weens 'n rondte tegniese verkope.

Die plaaslike mark het sy afwaartse tendens verbreek, heel moontlik weens verlaagde verwagte internasionale eindvoorrade.

Die koring Januarie '22-kontrak het teen R5 950/ton verhandel. Die koring Maart '22-kontrak het R44 in die groen verhandel teen R6 031/ton. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 058/ton verhandel.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.