On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 13 Jan 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: nepc.gov.ng

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Amerikaanse mielies het gister beter presteer weens oorspoel vanaf koring en ander eksterne markte wat gelei het tot 'n rondte tegniese verkope.

Droë toestande in Brazilië het Conab geforseer om sy land se produksieverwagtinge te verlaag met 3,6% na 175 biljoen ton vir die 2021/22 seisoen.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R36/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 557/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R42/ton laer verhandel om teen R3 608/ton te sluit.


Sojabone:

VSA sojaboonpryse het positief verhandel teen sluitingstyd nadat dit teruggetrek het vanaf oornagverliese.

Die terugtrek is weens oorspoelkrag van verskeie eksterne markte.

Die plaaslike mark het baie swak verhandel en amper al die grond wat hy gewen het Dinsdag, verloor.

Die soja Januarie ’22-kontrak het R92/ton hoër verhandel teen R8 212/ton. Die soja Maart ’22-kontrak het R112 laer teen R8 100/ton verhandel. Die soja Mei ’22-kontrak het teen R7 965/ton - ‘n stewige R147 laer - verhandel.


Koring:

Amerikaanse koringpryse het met 1,7% verhoog vir party kontrakte weens oorsese verkope en kommer oor die Amerikaanse oeskwaliteit wat saam gelei het tot 'n rondte tegniese aankope.

Die Europese unie het sy koringinvoere met 6,6% verhoog jaar-op-jaar.

Die plaaslike mark het redelik stabiel, maar steeds aan die negatiewe kant verhandel.

Die koring Januarie '22-kontrak het teen R5 950/ton verhandel, dieselfde as Dinsdag. Die koring Maart '22-kontrak het R4 in die rooi verhandel teen R6 027/ton. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 055/ton verhandel.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.