On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 16 Sep 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

In Brasilië is die skatting dat 16% van die mielies vir die seisoen reeds aangeplant is.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R105/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 136/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R108/ton hoër verhandel om teen R3 290/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag.

Die Brasiliaanse sojaboon-uitvoer is tans ongeveer 25% laer as die vorige seisoen se uitvoer teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R95/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 653/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag.

Die ondersteuning in die Amerikaanse koringmark kan grootliks toegeskryf word aan die sterker koringmarkte in ander wêreldgedeeltes.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R77/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 450/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.