On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Tyd vir terugploeg met NWK-lojaliteitsprogram

───   ELZETTE BOUCHER 05:00 Wed, 22 Sep 2021

Tyd vir terugploeg met NWK-lojaliteitsprogram | News Article

Die boerderygemeenskap én die platteland is NWK se trots en daarom gee hulle graag terug.

Sien onderstaande PODCAST

NWK se lojaliteitsprogram is ’n aansporing vir all klante van NWK en ’n manier om dankie te sê vir jare lange lojale ondersteuning. 

Die doel van die program is om klante te beloon vir hulle volgehoue lojaliteit teenoor NWK en om langtermynverhoudinge te bou.

NWK-klante wat geregistreer is, verdien lojaliteitspunte terwyl jy jou handels- en graansake aan NWK toevertrou. Punte word maandeliks op bruto wins van transaksies bereken en jaarliks uitgekeer. Die randwaarde van die punte word ná die finansiële jaar bereken op grond van die NWK Groep se finansiële resultate, en deur NWK se direksie goedgekeur.

Enige persoon, instansie of entiteit wat met NWK sake doen, word vir hul lojaliteit beloon. Dit sluit in enige huidige of voornemende aandeelhouer, produsent, entiteit, lid van die publiek of personeellid van NWK.

Registrasie deur NWK Online of www.nwklojaliteit.co.za is ’n voorvereiste vir deelname.

OFM se Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, het met die bemarkingsbestuurder, Jaques de Wet, gesels om meer uit te vind.

Vir navrae kontak gerus: NWK Finansiering (gedurende kantoorure) by 018 633 1000 of Jacques de Wet, Bemarkingsbestuurder: by 018 633 1193 of jdewet@nwk.co.za.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.