Arts
Kunsteklop met Danie Botha en Die Broers wat in Kimberley kuier─── 09:02 Tue, 08 Nov 2022
Bekende gospelkunstenaar, Danie Botha betree eersdaags saam met die trio, Die Broers, die verhoog in die Diamantstad.
In die OFM Kunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met Danie Botha oor so komende optrede in Kimberley die 25ste November 2022. Danie is wel-bekend en het ook verskeie suksesvolle albums saam met mede-gospelsanger Piet Smit opgeneem. Danie word seker die meeste onthou vir sy mega-trefferliedjies: “Wenners” en “Ek kan”.

Die Broers is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep trio wat bestaan uit Snyman broers, Christo, Cobus en Stephan wat gestig is in 2006. Die groep het 'n groot treffer gehad met "Huistoe" wat in 2008 hulle die "Beste Liedjie van die Jaar" laat wet het in die Tempo-toekennings wat jaarliks deur Huisgenoot toegeken word.
Die Danie Botha REUNION konsert skop af om 18:00 op 25 November 2022 teen R100 per person. Kinders tussen 12-18 jaar betaal R50. Kaartjies is te koop by die Taberna Dei Diamantstad of by Parsons Home Appliances. Meer inligting by Sharon 083 457 8148 of sharon@nocci.co.za
