On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Arts

OFM Kunsteklop: Out of the blue open by die Co-Op Gallery

───   09:10 Thu, 17 Nov 2022

OFM Kunsteklop: Out of the blue open by die Co-Op Gallery | News Article

The Co-Op Gallery se laaste groepuitstalling vir 2022 ge-titel “Out of the blue” is te sien vanaf Saterdag, 19 November 2022 en kunstenaar David Griessel sluit aan by Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens om te gesels oor die uitstalling.

Van die kunswerke wat ten toon gestel sal word is deur talentvolle kunstenaars soos David Griessel, Miens Art, Linki Luts, Piet Grobbler, Martin Wessels, Tumi Steyn en Alida Bothma.

Die tema van die uitstalling is die kleur Blou in al sy subtiele en pragtige variëteite.

Mede-eienaar van die gallery, Miens Art, het 'n wonderlike reeks werke geskep wat kalligrafie, tekeninge, collages, droogpunt-ets, reliëfwerk en selfs stikwerk insluit, wat ook besigtig en aangeskaf kan word.

Die uitstalling open 19 November om18:00 by die Co-Op Gallery in Dan Pienaar, Bloemfontein. 


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.