Arts
OFM Kunsteklop: Vier 10 jaar van musiek saam met Bliss Acapella─── 08:08 Thu, 24 Nov 2022
Die Bliss-acapella-groep deel ná tien jaar steeds hul liefde vir musiek met mekaar en hul vele aanhangers.
In die OFM Kunsteklop gesels die Acapella groep Bliss met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor hul opkomende 10 jaar konsert wat groot pret beloof.

Dié groep, wat uit agt dames bestaan, is in 2012 gestig en hoewel die sangers almal voltyds werk, maak hulle tyd om mense te betower met hul stemme. Een van die stigterslede van die groep, Alta Grobbelaar, vertel daar het baie lede oor die jare gekom en gegaan, maar daar is nog altyd ‘n paar stigterslede wat steeds deel van die groep is.

Die groep het ook ietsie gesing vir Yolanda, luister hieronder:
Maak gereed vir 'n paar Bliss-gunstelinge van alle tye, splinternuwe musiek en selfs 'n paar pragtige Kersfees-items. Die konsert vind plaas op 26 November om 19:00 by die ST. Michael’s School Chapel. Kaartjies kos R120 en is beskikbaar op phoenixpro.co.za. Vir meer inligting volg hulle op Facebook Bliss Acappella.

