On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Arts

OFM Kunsteklop: n Nuwe era vir OSM Camerata

───   12:57 Wed, 14 Dec 2022

OFM Kunsteklop: n Nuwe era vir OSM Camerata | News Article

Die OSM Camerata (OSMC) is strategies gestig as 'n vlagskipkamerensembel aan die begin van die akademiese jaar van 2012, met die hoofdoelwit om 'n katalisator vir uitnemendheid te skep.

In die OFM Kunsteklop gesles Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met Prof. Anmari Van Der Westhuizen Joubert, Artistieke diriketeur en dirigent oor wat die OSM Camerata se planne vir die nuwe jaar is en hoe mense kan betrokke raak.

Die OSM Camerata gee ook geleenthede aan jong, dinamiese, professionele dirigente plaaslik en internasionaal. In konteks van die langtermyn OSM-strategie is die idee om 'n uitgebreide orkesdirigeerstoel te stig. Daar word in die vooruitsig gestel dat beide die OSMC en besoekende dirigente instrumenteel sal wees in die fasilitering van die dirigeermodules en studente blootstel aan die nuutste kennis van dirigeertegnieke, repertorium en programmering binne die toepassing van progressiewe onderrigmetodologieë.

Die OSMC het talle suksesse geniet sedert sy ontstaan in 2012. Die ensemble is bekroon met die eerste prys by beide die 2017 en 2018 Internasionale Ictus Musiekkompetisie VSA as die wenners van die kategorie vir Konservatorium en Universiteit Orkeste onder leiding van Xavier Cloete.

Vir meer inligting besoek Odeion School of Music Camerata

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.