On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Arts

OFM Kunsteklop: VS Jeugorkes nooi alle jong musikante

───   08:36 Tue, 10 Jan 2023

OFM Kunsteklop: VS Jeugorkes nooi alle jong musikante | News Article

Die Vrystaat Jeugorkes nooi alle jong musikante om deel te neem aan hulle oudisies vir 'n kans om by hul dinamiese groep aan te sluit.

In die OFM Kunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met dirigent, Heinrich Lategan oor vanjaar se Vrystaat Jeugorkes oudisies.

Om jou oudisie vir die FSYO af te lê, stuur 'n video van jouself waar jy jou instrument na die beste van jou vermoë en gerief bespeel, saam met die aansoekvorm beskikbaar vanaf die Google Drive-skakel:

Die Vrystaatse Jeugorkes (FSYO) is 'n sleutelkomponent van die Free State Symphonic Orchestra. Dit dien as voedingsorkes vir die FSSO en is 'n noodsaaklike element van die musiek-opvoedkundige pyplyn. 

Heinrich Lategan

Die FSYO ledetal bestaan uit senior leerders sowel as universiteitstudente. Normaalweg oefen die FSYO elke week en bied ongeveer twee konserte per jaar aan. Die FSYO het ook ander aktiwiteite soos naweek 'kampe' en toere.

Vir meer inligting besoek die Vrystaat Jeugorkes se Facebook-blad.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.