Arts
Bekroonde kwilter Paul Schutte onthul die oorsprong vir sy liefde vir kuns─── 08:06 Thu, 09 Feb 2023

In die OFM Kunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met tekstiel-kunstenaar Paul Schutte oor wie hy is as kunstenaar en hoe sy kuns en kreatiewe uitbeelding werk.
Paul is sedert 1981/2 betrokke by kwiltvervaardiging en tekstielkuns en is 'n kwilt- en tekstielkunstenaar in eie reg vanweë sy uitnemendheid in die vervaardiging van 'n oorspronklike, kreatiewe en tegnies uitstekende werkstuk.
Hy is 'n bekroonde kwilter wat Master Quilter-status ontvang het. Die inspirasie van sy uitstaande werk aan Suid-Afrikaanse kwilters kan nie onderskat word nie. Hy hou die meeste van die kreatiewe aspek van kwiltmaak.
Paul het tans 'n uitstalling aan by die Snowflake Potchefstroom tot 25 Februarie 2023 daagliks van 07:00-19:00. Saterdae van 09:00-19:00.