On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Arts

Bfn ma skep olie-portrette van jou herinneringe

───   08:42 Thu, 30 Mar 2023

Bfn ma skep olie-portrette van jou herinneringe  | News Article

Kunstenaar Thea de Necker skep skilderye en potloodtekeninge van jou kosbare herinneringe om dit in 'n tydlose en artistieke vorm te bewaar.

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Thea van “Art of Theo” om meer uit te vind oor haar werk en hoe mense tewerke kan gaan om 'n bestelling te plaas en meer.

Thea is gebore in Belville, maar het groot geword in Port Elizabeth. Alhoewel sy van baie kleinsaf

lief was vir skeppend wees en handwerk, het haar groot liefde vir verf begin in graad 10 toe sy kuns

as ‘n vak gekies het by Hoërskool Pearson. “Dis waar ek ontdek het dat ek ‘n gawe het vir skilder. Van daar af het skilderye verf my vrye tydensakgeld geword. 

Ek onthou goed, ek het einde gr10 my eerste skildery bestelling geverf van tweeling seuntjies wat sit en speel. Dit was ‘n groot A1 skildery en ek was baie in my skik met die R300 wat ekdaarvoor gekry het,” vertel Thea. 

Om meer van haar kunswerk te sien of te bestel besoek haar Facebook-blad Art of Thea.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.