On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Arts

Leer ken bekroonde Bfn musikant Corneil Muller in die Kunsteklop

───   21:29 Sun, 02 Apr 2023

Leer ken bekroonde Bfn musikant Corneil Muller in die Kunsteklop | News Article

Bloemfontein kunstenaar Corneil Muller wie wel-bekend is vir sy kragballades wat jou vir ’n oomblik sal laat stilstaan sluit aan op die OFM Kunsteklop met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens om te gesels oor sy liefde vir musiek en meer.


Die veelsydige kunstenaar en liedjieskrywer is diep gewortel in die wêreld van klassieke oorkruismusiek en het selfs verskyn op The Voice Suid-Afrika Seisoen 3.

Hy het begin met spraak- en dramaklasse saam met sy ma (Petro Muller) toe hy 'n klein seuntjie was. Op 8-jarige ouderdom het hy die kuns van tjello bemeester onder die baie bekwame hande van Arend Brink (tjellis en pedagoog).

Van jongs af het hy in verskeie vokale groepe en kore gesing en solo-optredes (beide tjello, toneelspel en sang) tydens skoolfeeste en verskeie eisteddfods gedoen. Sy amptelike sangloopbaan het begin toe hy 17 was.

Vir meer volg hom op Facebook Corneil Muller • Artist

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.