Arts
Kameraadskap van Karoo as kuns uitgebeeld─── KAYLA BARKER 09:00 Tue, 25 Apr 2023

Kunstenaars in die Karoo en omstreke word genooi om hul kunswerke vir Kameraadskap in te skryf. Die stigter en direkteur van Ons Karoo en Kontrei, Adri Smit, sluit aan by Yolanda Maartens van Morning Magic om meer hieroor te vertel.
Kunstenaars moet ‘n foto van hul werke op www.onsknk.org.za plaas. Die publiek stem vir hul gunstelingwerk en dit sal by ses plaaslike feeste deur die loop van die jaar uitgestal word. Die stigter en direkteur van Ons Karoo en Kontrei, Adri Smit, het met Yolanda Maartens van Mid-Morning Magic gesels oor dié besonderse projek.
Daar is drie kategorieë vir die kunswerke, professioneel, amateur en vir kinders jonger as 13 jaar.
Annelise Vorster Meyer
Die feeste waar die kunswerke uitgestal gaan word:
Stoep Tasting, Nieu-Bethesda (25 – 27 Mei)
Olive Schreiner Karoo-skrywersfees, Cradock (16 – 20 Junie)
Die Victoria-Wes Wildsfees en duiwewedvlugbyeenkoms, Victoria-Wes (23 en 24 Junie)
Die Vrystaat Kunstefees, Bloemfontein (11 – 15 Julie)
Die Veldblommeskou, Clanwilliam (25 Aug tot 3 Sept)
Die Kalahari Kuierfees, Upington (28 – 30 Sept)
Die sluitingsdatum is 30 April. Vir enige navrae stuur ‘n e-pos na adri@onsknk.org.za of bel 082-564-2814.
Besoek gerus https://kameraadskap.onsknk.org.za/