Arts
'Nêrens, Noord-Kaap' terug by Vrystaat Kunstefees─── 09:00 Tue, 13 Jun 2023
Die regisseur van Nêrens, Noord-Kaap, Nico Scheepers, sluit by Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens aan om te praat oor hoekom dit voel asof dié verhoogproduksie terugkom huis toe.

Nêrens Noord-Kaap, is terug op die planke! Die broers Frans, Andries en Ronnie het mekaar jare laas gesien en is effe vervreem van mekaar. Hulle keer terug na hul geboorteplaas, Nêrens, in die Noord-Kaap, vir hul pa se 65ste verjaardag se braai.
Hulle is gewone mense wat worstel met emosies van liefde en haat, en soeke na die broederskap wat hulle langs die pad verloor het. ’n Skreeusnaakse en hartroerende produksie met Albert Pretorius, De Klerk Oelofse en Geon Nel.

Kry jou kaartjies by Webtickets vandag!
Besigtig die volledige feesprogram hier:

