Arts
'Mirakel' bring drama en komedie na Vrystaat Kunstefees─── 09:00 Tue, 20 Jun 2023
Dawid Minnaar sluit by Yolanda Maartens aan tydens die OFM Kunsteklop om te gesels oor die skryfvernuf van Reza de Wet in haar produksie 'Mirakel' by die jaar se Vrystaat Kunstefees.

Dis 1938 en mense sukkel om te oorleef. ’n Verarmde teatergeselskap onder leiding van die befaamde Dante du Pré besoek ’n dorpie om verligting deur teater te bring.
Een van die spelers, jong Abel, kom oorspronklik van dié dorp en is steeds getroud met die stinkryk en heelwat ouer Anna.
Anna daag op met ’n mandjie vol kos en die verhongerde geselskap moet kies tussen oorlewing en verraad, idealisme en realiteit.
Hierdie bittersoet komedie uit Reza de Wet se pen is nog net so relevant ná die Covid-19-pandemie en in vandag se swak ekonomie.
Genre: Drama-komedie
Regisseur / Director: Marthinus Basson
Met: Dawid Minnaar, Bettie Kemp, Rolanda Marais, Edwin van der Walt, Carla Smith, Eben Genis
Kry kaartjies vandag, hier!
Vir die volledige program:

