On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Arts

Nicolene Gibbons, ’n storieverteller agter klavierklawers

───   09:00 Thu, 12 Oct 2023

Nicolene Gibbons, ’n storieverteller agter klavierklawers | News Article

Nicolene Gibbons is 'n storieverteller agter die klawers van 'n klavier en met haar uitvoering "Reflections" in Bloemfontein nooi sy jou tydens die OFM Kunsteklop met Yolanda Maartens, om op 'n musikale reis te gaan.




Nicolene Gibbons, ’n oudleerling van die Odeion School of Music, is in Bloemfontein gebore. Sy het klavier aan die Universiteit van die Vrystaat by Catharina Struthers studeer terwyl sy ook komposisieklasse by prof. Johann Potgieter geneem het. 

Nicolene het van kleins af op radio en televisie, veral haar eie komposisies, gespeel. Sy het haar BAMus-kwalifikasie aan die UV verwerf met Nettie Immelman as klavierdosent. Sy het ook die oorsese studiebeurse van Samro, Unisa en ABRSM gewen. 

Sy het 'n BMusHons cum laude verwerf aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Lamar Crowson. Sy studeer daarna aan die Royal College of Music (Londen) waar sy haar meestersgraad in klavier,asook 'n meestersgraad in komposisie aan die Universiteit van Cambridge verwerf het. 

Nicolene werk vir byna 30 jaar as pianis, komponis en onderwyseres in Engeland, insluitende die Universiteit van Cambridge en die Uppingham School. Later het sy in kamermusiek gespesialiseer. 



Sy het vyf jaar gelede teruggetrek na Suid-Afrika en werk en bly nou in Philippolis. Sy doseer klavier by die Odeion Musiekskool en het onlangs saam met tjellis Anmari van der Westhuizen aan die Klein Karoo Klassique deelgeneem. Haar solokonsert in Bloemfontein as deel van die Vrystaat Klank & Klassik is met groot entoesiasme begroet.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.