On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Arts

Vier skole in Sentraal-Suid-Afrika in ATKV Applous se eindronde

───   CASEY-LEE ANTHONY 11:40 Fri, 07 Jun 2024

Vier skole in Sentraal-Suid-Afrika in ATKV Applous se eindronde | News Article
ATKV Applous. Foto: Facebook

“Die kinders is uit hulle velle van opgewondenheid!”

Die 47ste jaarlikse ATKV Applous nasionale eindronde word van 24-27 Julie in die Kaapse stadsaal aangebied.

Uit 292 skole wat vir die kompetisie ingeskryf het, het twee laerskoolkore van Noordwes deurgedring na die finaal – die Tokkie Koor van die Laerskool Mooirivier in Potchefstroom in die prestige-kategorie, en Lichtenburg se Laerskool Burgersdorp in die ope kategorie vir laerskole.

Twee Bloemfonteinse skole sal ook in Kaapstad wees vir vanjaar se eindronde – die Eunice Vitae Cantamus van die Hoërskool Eunice in die prestige-kategorie vir hoërskole en die Primêre Skool Willem Postma in die meriete-kategorie vir laerskole.


“Dankbaar, trots en opgewonde! Ons werk hard, geniet wat ons doen en is dankbaar vir geleenthede wat ons kinders se lewe verryk!” sê Esmie Koornhof, Tokkies Koor se dirigent.

Sy is baie bevoorreg om sedert 2016 by die senior koor betrokke te wees saam met haar wonderlike begeleier en organiseerder, asook om ondersteunende en entoesiastiese ouers en gemeenskap te hê. “Die kinders is uit hul vel van opgewondenheid! Natuurlik veral omdat dit vanjaar in die mooi Kaapstad is.”


“As dirigent, as die koorleier, is ek baie trots op die meisies, en op wat hulle tot dusver in die koor bereik het, hul toewyding is werklik merkwaardig en prysenswaardig,” sê Retha Visser, Eunice Vitae Cantamus se dirigent.

Sedert die koor se ontstaan in 2010 skryf hulle sedert 2011 jaarliks in vir die ATKV Applous, en het tot dusver die meeste van die ander kategorieë in vorige rondes gewen. Vanjaar is die jaar wat hulle besluit het om vir die prestige-kategorie te gaan.

Die jare 2014 en 2018 het groot prestasies vir die koor in die buiteland en Suid-Afrika gebring.


“Ons het vanjaar ’n nuwe inname, die helfte van die koor, so ek moes 30 nuwe lede inneem, dit is amper soos om van voor af te begin, maar dit is wonderlik om met die jong stemme te werk en die meisies is uiters opgewonde en gemotiveerd om hul beste te lewer.”

OFM Nuus/Casey-Lee Anthony dg/mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.