Arts
Hannes van Wyk opgewonde om deel te wees van 25ste Vrystaat Kunstefees─── 09:05 Tue, 01 Jul 2025

Hannes van Wyk en Desiré Gardner, is so te sê volksbesit met hulle uiters gewilde Magda Louw-vertonings. Vanjaar se, ‘Magda en haar Erhard, how Louw can you go?’, beloof om soos altyd die gehoor op hul voete te hê.
Hannes sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop en deel sy opwinding oor sy tuiskoms by Bloemfontein se ATKV Wynand Mouton-teater tydens die Vrystaat Kunstefees.
Hannes sê hy dink die rede vir die gewildheid van die reeks is omdat mense hulle met die twee karakters kan vereenselwig. “Mense herken hulself in die karakters. Dit is nie uitsluitlik die humor nie, maar ook die waarhede wat hulle kwyt raak.” Hy sê daar is heelwat geheime wat oor Magda en Erhard uitgelap gaan word … Die Vrystaat Kunstefees het vir hulle ’n besonderse plek in hulle harte. Die mense se ondersteuning in Bloemfontein is altyd vir hulle ongelooflik, sê hy.
Magda en Erhard het ’n goeie show beplan, hulle het gehoop om selfs vir ‘n prys genomineer te word. Maar die ou man vergeet heeltyd sy invalle en arme Magda moet net vure doodslaan. Magda en Erhard gesels oor die kuns van die lewe, die fases van oudword; die jare wat ons in prentjies kan opsom en hoe ons met die verfpot in die hand staan. Tot die kwas opdroog.
15, 16, 18 en 19 Julie by die ATKV Wynand Mouton teater
Genre: Komedie
Rolverdeling: Desiré Gardner en Hannes van Wyk
Skrywer: Desiré Gardner
Produksiebestuurder: Nelius Ferreira
Vervaardiger: Artist Warehouse CC
Tydsduur: 70 min
Aanbevole ouderdom: 13+
Taal: Afrikaans
Kaartjies by Webtickets: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1565437323
OFM cg