Arts
Fenomenale talent te siene op Vrystaat Kunstefees in ‘Annie + Helen’─── 09:00 Thu, 10 Jul 2025

‘n Stryd om oorlewing ontvou rondom die eetkamertafel waar Annie Sullivan en Hellen Keller mekaar ontmoet in 1887.
Vervaardiger van die produksie “Anne + Helen”, Pedro Kruger, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel oor die uitdagings van gebaretaal op die verhoog, die intense verhaal en 13-jarige wat gehore landwyd na hul asems laat snak.
Wanneer Annie Sullivan en Hellen Keller mekaar in 1887 ontmoet, volg ‘n intense, roerende oorlog tussen twee gebroke mense. Hierdie stryd om oorlewing ontvou rondom die eetkamertafel en kopskermutselings in gebaretaal.
In ’n wêreld waar trauma al hoe meer afgewater en alledaags voorkom, dwing die storie van hierdie twee formidabele vroue ons om na te dink oor die lesse van trauma en die veerkragtigheid wat daaruit spruit. As Helen, neem die jong, fenomenale 13-jarige Judi Hattingh haar eerste treë op die professionele verhoog.
17, 18, 19 Julie ATKV Wynand Mouton Teater
Genre: Drama
Rolverdeling: Stian Bam, Bianca Flanders, Eldon van der Merwe, Cintaine Schutte, Judi Hattingh
Regisseur: Hennie van Greunen
Skrywer: Hennie van Greunen
Verhoogbestuurder: Dhania Schultz
Produksiehuis: Curro Create / Wordsmith’s Theatre Factory
Vervaardiger: Pedro Kruger
Tydsduur: 110 min
Aanbevole ouderdom: Alle ouderdomme
Beperkings en waarskuwings: Geweld
Taal: Afrikaans, Engels
OFM is ‘n trotse mediavennoot van die 25ste Vrystaat Kunstefees. Kaartjies beskikbaar by Webtickets.
OFM cg