On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Arts

Swan Lake gaan Potchefstromers betower met plaaslike en internasionaal bekende ballerinas

───   09:00 Tue, 02 Sep 2025

Swan Lake gaan Potchefstromers betower met plaaslike en internasionaal bekende ballerinas   | News Article
North West Youth Ballet. Foto verskaf

Potchefstroom kan reg maak vir ‘n onvergeetlike ballet wanneer die North West Youth Ballet (NWYB) Swan Lake by die Sanlam Auditiorium aanbied, 11 en 12 September 2025.

Die North West Youth Ballet (NWYB) bied Swan Lake aan, 'n klassieke ballet deur Pjotr Iljitsj Tsjaikofski. Artistieke Direkteur en Organiseerder, Antoinette van Staden sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel hoe belangrik hierdie tipe blootstelling is vir jong dansers, die voorreg om saam met internasionaal bekende dansers op te tree, as ook wat die gehoor kan verwag as dit kom by hul einde van Swan Lake se verhaal.


Dit is 'n boeiende produksie met talentvolle dansers van alle ouderdomme. Die ikoniese rolle van Prins Siegfried en Odette sal deur professionele dansers van die gewaardeerde Johannesburg Ballet vertolk word. 

Swan Lake is een van die mees geliefde klassieke ballette van alle tye. Dit vertel die betowerende verhaal van Prins Siegfried en Odette, 'n prinses wat vervloek is deur die bose towenaar Von Rothbart. Prins Siegfried, betower deur haar skoonheid, sweer ewige liefde, onbewus van die vloek. 

Met asemrowende choreografie, dramatiese temas van liefdesbedrog en opoffering, boei Swan Lake gehore met sy spookagtige skoonheid en emosionele diepte.

Die rol van die Swaanprins, Prins Siegfried, word deur Gabriel Fernandes vertolk. Van die groot verhoë van Brasilië tot Johannesburg Ballet bring Gabriel Fernandes diepte, krag en elegansie na elke rol wat hy vertolk. Met 'n repertoire wat Giselle, Don Quixote, Romeo & Juliet, en La Bayadère insluit, neem sy kunstigheid nou die middelpunt in, tydens die NWYB se Swan Lake.

Savannah Ireland vertolk die Swaankoningin, Koningin Odette/Odile. Ireland is ’n uitstaande solis met internasionale erkenning, en die trots van Johannesburg Ballet. Savannah sal die verhoog betree as Odette/Odile in North-West Youth ballet se Swan Lake. 

Van die ouderdom van 4 het haar passie vir ballet haar oor die wêreld geneem – en nou, na hierdie ikoniese rol.

Gabriel Fernandez Savannah Ireland

Besoek North West Youth Ballet gerus op Facebook vir meer inligting: https://www.facebook.com/NWYouthBallet/

Kaartjies is beskikbaar by Tixsa.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.