On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Arts

Swan Lake gaan Potchefstromers betower met plaaslike en internasionaal bekende ballerinas

───   09:00 Tue, 02 Sep 2025

Swan Lake gaan Potchefstromers betower met plaaslike en internasionaal bekende ballerinas   | News Article
Die North West Youth Ballet in aksie op die verhoog. Foto verskaf

Potchefstromer kan hul regmaak vir ‘n onvergeetlike ballet wanneer North West Youth Ballet (NWYB) Swan Lake op 11 en 12 September in die Sanlam-ouditiorium aanbied.

Swan Lake is ’n klassieke ballet deur Pjotr Iljitsj Tsjaikofski. Artistieke direkteur en organiseerder Antoinette van Staden sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel hoe belangrik hierdie soort blootstelling is vir jong dansers, oor die voorreg om saam met internasionaal bekende dansers op te tree, asook oor wat die gehoor kan verwag as dit kom by hul einde van Swan Lake se verhaal.

Dit is 'n boeiende produksie met talentvolle dansers van alle ouderdomme. Die ikoniese rolle van Prins Siegfried en Odette sal deur professionele dansers van die gewaardeerde Joburg Ballet vertolk word. 

Swan Lake is een van die mees geliefde klassieke ballette van alle tye. Dit vertel die betowerende verhaal van Prins Siegfried en Odette, ’n prinses wat vervloek is deur die bose towenaar Von Rothbart. Prins Siegfried, betower deur haar skoonheid, beloof sy ewige liefde, onbewus van die vloek. 

Met asemrowende choreografie en die dramatiese temas liefdesbedrog en opoffering, boei Swan Lake gehore met spookagtige skoonheid en emosionele diepte.

Die rol van die Swaanprins, Prins Siegfried, word deur Gabriel Fernandes vertolk. Van die groot verhoë van Brasilië tot Joburg Ballet bring Gabriel Fernandes diepte, krag en elegansie na elke rol wat hy vertolk. Danksy ’n repertoire wat Giselle, Don Quixote, Romeo & Juliet en La Bayadère insluit, staan sy kunstalent nou sentraal in NWYB se Swan Lake.

Savannah Ireland vertolk die Swaankoningin, Koningin Odette/Odile. Ireland is ’n uitstaande solis met internasionale erkenning, en die trots van Joburg Ballet. 

Van die ouderdom van vier het haar passie vir ballet haar oor die wêreld heen geneem – en nou, na hierdie ikoniese rol.

Gabriel FernandesSavannah Ireland

Besoek North West Youth Ballet gerus op Facebook vir meer inligting: https://www.facebook.com/NWYouthBallet/

Kaartjies is beskikbaar by Tixsa.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.