Arts
70 jaar van NWU PUK-Koor word in November gevier─── 09:00 Tue, 30 Sep 2025

’n Naweek van nostalgie, samesyn en inspirerende koormusiek wag wanneer die NWU PUK-Koor einde vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier.
Die reünie van 20 tot 23 November op die Potchefstroomkampus gaan die kersie op die koek wees van ’n opwindende jaar. Kobus Venter, koordirigent, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor hierdie geleentheid ‘van samesang’ soos hy dit noem.
Die NWU PUK-Koor nooi met trots alle oudlede uit om deel te wees van ’n historiese viering ter ere van die koor se 70ste bestaansjaar.
Dié feestelike reünie vind plaas van 20-23 November 2025 op die NWU Potchefstroomkampus en beloof om ’n naweek van nostalgie, samesyn en inspirerende koormusiek te wees.
Die naweek skop Donderdagaand af met ’n formele konsert deur die 2025-Koor. Die reünie-koor, onder leiding van Awie van Wyk, Loretté du Toit en Kobus Venter, lewer Saterdagaand ’n spesiale uitvoering op met geliefde koorwerke en ’n nuwe komposisie.
Venter sê dié koor is ’n tradisie op die kampus. “Dit is merkwaardig hoe die koor bydra tot die studentelewe op die kampus.”
Om meer inligting van die geleentheid te bekom deur die NWU PUK-Koor te kontak by puk-koor@nwu.ac.za. Alle oudlede word genooi om deel te wees van hierdie spesiale naweek.
Vir verdere navrae, kontak: Kobus Venter by 0182992851
OFM Nuus mvh