On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Arts

Senior Serenade beoog om 700 bejaardes in Bloem met kerssang en geskenkies te bederf

───   09:00 Thu, 30 Oct 2025

Senior Serenade beoog om 700 bejaardes in Bloem met kerssang en geskenkies te bederf | News Article
Yolanda Maartens en Sharon de Kock

Die 7de Senior Serenade saam met Pro Strings en vriende, word vanjaar weer in Bloemfontein aangebied. Hierdie inisiatief maak ’n reuseverskil in bejaardes se lewens, wat dikwels tydens die feestyd alleen is.

Stigter Sharon de Kock, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel wat hulle steeds benodig om hul doelwit te bereik, en wat dit elke jaar vir die bejaardes tydens Kersfees beteken. De Kock vertel dat die geskenkpakkies, wat uit noodsaaklike items en ’n paar soet happies bestaan, soveel glimlagte bring en dat die inwoners die klassieke musiek en kerssang baie geniet. 

Die publiek word gevra om finansieel by te dra of ’n sekere aantal items te skenk, sodat 700 bejaardes ietsie hierdie Kersfees kan ontvang.

Die uitreik vind oor 3 dae plaas vandaf 1-3 Desember 2025.

Senior Serenade Uitreik. Foto verskaf

Dit sluit die volgende tehuise in:

Dag 1: 1 Desember 2025

  • Huis Omgee: 24 inwoners
  • Huis Dankbaar: 28 inwoners
  • Huis Liefde: 27 inwoners
  • Huis Geloof: 28 inwoners
  • Noorderbloem: 22 inwoners
  • Mooihawe: 67 inwoners

Dag 2: 2 Desember 2025

  • Westerbloem: 61 inwoners
  • Siesta: 51 inwoners
  • Huis Nederig: 22 inwoners
  • Huis Vreugde: 24 inwoners
  • Huis Voorspoed: 17 inwoners

Dag 3: 3 Desember 2025

  • Huis Vrede: 15 inwoners
  • Fichardtpark frail care: 27 inwoners
  • Boikucho: 95 inwoners
  • Restore-a-life: 33 inwoners

Noodsaaklikhede steeds benodig:

  • Toiletware: deodorant, seep, tandepasta, tandeborsels, waslappe, sjampoe, lip ice
  • Kolwyntjies, koek vir ’n tehuis of soetgoed, of selfs ’n bydrae vir fudge
  • Gebruikte of nuwe klere vir bejaarde inwoners

Kontak gerus vir Sharon by 082 434 7501 vir navrae of skenkings.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.