On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Arts

Orrelis Herman Jordaan laat Odeion-kollig val op Suid Afrikaanse komponiste

───   08:00 Tue, 21 Jul 2026

Orrelis Herman Jordaan laat Odeion-kollig val op Suid Afrikaanse komponiste | News Article
Herman Jordaan. Foto verskaf

Die bekende orrelis Herman Jordaan keer eersdaags terug na Suid-Afrika vir ‘n uitvoering by die Odeion-ouditorium in Bloemfontein op 30 Julie. Die program bevat drie belangrike werke deur Suid-Afrikaanse komponiste en ook van Mendelsohn.

Die internasionaal bekroonde Jordaan het 'n besonderse program saamgestel wat drie indrukwekkende werke deur Suid-Afrikaanse komponiste vier.

Mid-Morning Magic se vervaardiger, Cat van der Merwe gesels met Herman oor sy opkomende vertoning by die Odeion.

Die konsert sluit Michael Blake se San Polyphony in, wat deur die inheemse musiek van Suider-Afrika geïnspireer is en as een van sy belangrikste orrelwerke beskou word. Daarby is Surendran Reddy se energieke Mayibuye Suite, met sy jazz-invloede en virtuoosheid, asook Jacobus Kloppers se Dialectic Fantasy, wat intellektuele diepgang met geestelike inspirasie verbind.

Die Suid-Afrikaanse werke word aangevul deur bekende komposisies van Mendelssohn, Graeme Koehne en Widor, wat die program op 'n hoogtepunt afsluit.

Jordaan, oorspronklik van Pretoria, is een van Suid-Afrika se voorste orreliste en het internasionale erkenning verwerf deur verskeie gesogte orrelkompetisies te wen. 

Buiten Suid-Afrika, tree hy ook op in Europa, die Verenigde State en Rusland. Hy het in 2021 sy doktorsgraad in Musiek aan die Universiteit van Pretoria voltooi en woon tans in Londen.

Kaartjies is beskikbaar by Quicket.

OFM Nuus cvdw

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.