On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Ashmund
Listen Live Streams

Arts

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by Odeion in Bloemfontein

───   08:00 Tue, 18 Aug 2026

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by Odeion in Bloemfontein | News Article

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met ’n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig.

Die Odeion Skool van Musiek aan die Universiteit van die Vrystaat vier vanjaar ’n besondere mylpaal – 80 jaar van musiek, opleiding, innovasie en artistieke uitnemendheid. Om hierdie merkwaardige geskiedenis te vier, word die OSM80 Anniversary Gala Concert op 3 September 2026 om 19:00 by die Odeion in Bloemfontein aangebied.

Die konsert bring dosente en studente van die Odeion Skool van Musiek saam in ’n uiteenlopende program wat verskillende musiekstyle, tydperke en tradisies verteenwoordig.

Van klassieke werke en opera tot tradisionele Afrika-musiek, die aand sal ook spesiale verrassingsoptredes insluit.

Sedert sy ontstaan in 1946 het die Odeion Skool van Musiek ’n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van Suid-Afrika se musikale landskap en die opleiding van nuwe generasies musikante. 

In hierdie episode van die OFM Kunsteklop gesels Marius Coetzee van die Odeion School of Music met Yolanda Maartens oor die OSM se 80 jaar lange reis en wat gehore tydens hierdie besondere verjaardagviering kan verwag.

Kaartjies is beskikbaar by Quicket. mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.