On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Arts

Musiek om na tuis te kom saam met pianis Nicolene Gibbons

───   08:00 Tue, 08 Sep 2026

Musiek om na tuis te kom saam met pianis Nicolene Gibbons | News Article

Nicolene Gibbons woon deesdae op Philippolis en sy sluit haar van daar aan by Yolanda Maartens in die OFM Kunsteklop.

Gibbons, ’n pianis en komponis, bring op 17 September ’n besonderse solokonsert na die Odeion in Bloemfontein. Haar sorgvuldig saamgestelde program nooi gehore om vir ’n oomblik van die spanning van die jaar te vergeet en deur die krag van musiek tot rus te kom.

Dié boorling van Bloemfontein het ’n indrukwekkende internasionale loopbaan as pianis, komponis en onderwyseres. Sy het haar musiekstudie aan die Universiteit van die Vrystaat begin en daarna onder meer aan die Universiteit van Kaapstad, die Royal College of Music in Londen en die Universiteit van Cambridge studeer.

Ná byna 30 jaar in Engeland, waar sy onder meer aan die Universiteit van Cambridge gewerk het, het sy vyf jaar gelede na Suid-Afrika teruggekeer. Sy spesialiseer in kamermusiek en liedbegeleiding en tree tans ook op ’n ad hoc-basis as klavierdosent by die Odeion Skool vir Musiek op.

Die konsertprogram sluit werke van Beethoven, Philip Glass, Reynaldo Hahn en Schubert in, met hoogtepunte soos Beethoven se bekende “Tempest”-sonate en Schubert se aangrypende Sonate D960 in B-mol majeur.

Gibbons sluit vanuit Philippolis by Yolanda Maartens in die OFM Kunsteklop aan om oor haar liefde vir musiek en die besondere program te gesels.

Kaartjies vir die konsert is beskikbaar by Quicket. sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.