Arts
Biografie nooi jou tot in Tobie Cronjé se sitkamer─── 08:00 Fri, 25 Sep 2026
Wie is die mens agter die bekende naam Tobie Cronjé – agter die rolle, die verhoog, die lag en die jare wat hom ’n geliefde figuur in Suid-Afrikaanse vermaak gemaak het?
Chris Vorster sluit vanoggend by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop, dié keer in sy hoedanigheid as skrywer. Sy nuwe biografie, TOBIE, oor die geliefde Suid-Afrikaanse akteur en kunstenaar Tobie Cronjé, word eersdaags by Aardklop in Potchefstroom bekendgestel.
Maar ’n biografie is meer as net ’n chronologiese weergawe van iemand se lewe. Vorster beskryf dit as ’n manier om agter die bekende persoon se openbare beeld te kyk en die mens daaragter beter te leer ken.

Dit is juis hierdie benadering wat TOBIE besonders maak. Van die begin af word die leser as’t ware in Tobie se sitkamer ingenooi – met rooibostee, glutenvrye koekies en oop gesprekke tussen Tobie en sy gaskunstenaars.
Die boek bied nie net ’n blik op Tobie Cronjé se indrukwekkende loopbaan nie, maar ook op die mens agter die bekende naam. Deur gesprekke en herinneringe word verskillende kante van sy persoonlikheid, lewe en ervaringe onthul.

Yolanda Maartens en Chris Vorster.
Vorster vertel ook van die besondere gesprekke met die kuiergaste en die proses om die lewensverhaal van iemand wat reeds so diep in die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap gevestig is, vas te vang. sm
