Arts
Die Groot Kersfees Saamsing bring Bloemfonteiners byeen─── 08:00 Thu, 15 Oct 2026
Bloemfonteiners kry hierdie Kersfees die geleentheid om deel van ’n groot musiekproduksie te wees wanneer Die Groot Kersfees Saamsing / The BIG Christmas Singalong op 28 November in die Sand du Plessis-teater plaasvind.
Yolanda Maartens het met Dupreez Strauss, voormalige mede-musiekregisseur en dirigent van Disney se The Lion King, gesels oor dié unieke projek wat honderde stemme op een verhoog wil saambring.
Enigiemand kan deel word van die massakoor – ongeag ouderdom, agtergrond of musikale ervaring. Geen oudisies is nodig nie, en deelnemers ontvang hul stemdeel, lirieke en begeleidingsopnames om vooraf tuis te oefen.
Strauss sê sy jare in The Lion King het hom gewys hoe musiek mense kan saamsnoer, en met dié projek wil hy dieselfde krag van musiek in sy grootwordstad ervaar.

Die koor repeteer op 26 en 27 November, waarna die groot vertoning op 28 November plaasvind. Die program sluit geliefde Kersliedere en feestelike gunstelinge in Afrikaans en Engels in.
Koorregistrasie kos R150 per persoon en sluit op 18 Oktober. Kinders onder 15 is welkom, maar moet saam met ’n geregistreerde volwasse koorlid deelneem.
Registreer via Quicket. sm
