Arts
Zayden Venter slaan die regte note in akademie, sport en musiek─── 08:00 Tue, 03 Nov 2026
’n Gr. 7-leerder van Bloemfontein, is ’n presteerder wat op verskeie terreine uitblink. Of dit nou akademie, sport of musiek is, hy wys dat toewyding, harde werk en passie ’n mens ver kan bring.
Zayden Venter se talent vir tromspel het hom die afgelope jaar besondere erkenning besorg. Tydens die 2026 Bedford Eisteddfod het Zayden ’n indrukwekkende A++-prestasie met 95% vir sy tromspel behaal. Hy het ook ’n diploma by die Nasionale Eisteddfod ontvang en uitstekende uitslae in die Vrystaat Kunswedstryd behaal.
Sy musikale prestasies strek selfs verder. Zayden het ’n onderskeiding behaal in sy graad 2-eksamen in klassieke en jazz-tromspel by Trinity College London – ’n besondere mylpaal vir ’n jong musikant wat steeds sy vaardighede ontwikkel.
Hy is ook ’n instrumentalis in die Fichies Seniorkoor wat self uitstekende prestasies behaal. Sy betrokkenheid by die koor bied hom ook die geleentheid om sy musikale talent binne spanverband uit te leef.

Zayden Venter. Foto verskaf
Hy gesels met Ashmund Martin in OFM Kunsteklop oor sy prestasies, sy ervaring van die verskillende Eisteddfod-kompetisies en hoe dit voel om sulke uitsonderlike resultate te behaal.
Hy deel ook meer oor sy liefde vir tromspel en die harde werk agter die sukses. Met sy entoesiasme en veelsydige talent is Zayden beslis ’n jong musikant om dop te hou.
OFM dg
