On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

At Lunch

KontreiKuiers: Francois van den Berg die bewaarder van die bye

───   12:04 Wed, 16 Feb 2022

KontreiKuiers: Francois van den Berg die bewaarder van die bye | News Article

At Lunch se Cyril Viljoen gesels met Francois van den Berg van Nectar Honey oor sy besigheids en sy passie vir bye boerdery.

In 'Kontreikuiers' kuier en klets Cyril Viljoen elke week met kleurvolle en interessante persone regoor sentraal Suid-Afrika.

LEES OOK: Sakkie se Arkie

Francois van den Berg (Frans), is 'n byebewaarder en eienaar van Nectar Honey.

Sy eerste ontmoeting met bye was op sy oorlede oupa se plaas in Sterkstroom, Oos-Kaap. Die plaas het 'n paar korwe gehad, maar aangesien hy en sy gesin geen kennis gehad het oor hoe om die heuning te oes nie, het hul op eksterne hulp staatgemaak.

 Aangesien hierdie persoon nie altyd beskikbaar was om hul betyds by te staan nie, het hy en sy vriende besluit om die saak in hul hande te neem. 



Tot sy ouers se verbasing het dit net 'n byepak, 'n roker en die moed van 'n 13-jarige geverg om heuning te oes. En dis waar sy reis met bye begin het.


Sedert sy aftrede uit onderwys in 2017 het hy gefokus op die bou van betonkorwe in Barkly-Oos en Sterkstroom asook die maak van 200 kernkorwe om in bome in die Noordoos-Kaap te plaas en ons brei tans uit na die Vrystaat.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.