On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

At Lunch

Kontreikuiers: Kate Rok leef haar kuns uit deur 'teatrale Afrikana'

───   11:23 Wed, 26 Jan 2022

Kontreikuiers: Kate Rok leef haar kuns uit deur 'teatrale Afrikana' | News Article

At Lunch se Cyril Viljoen gesels met Clarens-boorling, Kate Rok oor haar kuns, musiek en liefde vir die Oos-Vrystaat.

Kate Rok, Clarens se donkerkop-ster met haar kenmerkende Voortrekkerkappie, het op 1 Julie vanjaar (op haar verjaardag,) musiekliefhebbers in vervoering gehad met haar hoendervleismooi-enkelsnit, 'Maangenade'.

LEES OOK: 'Biker'-advokaat Henk Cilliers

Kate lyk soos ’n donkerkop superster… met ’n Voortrekkerkappie. Die karakter is simbolies van die sterk vroue wat sy bewonder, asook haar onwrikbare trots op haar kultuur en herkoms. 

Sy gesels in hierdie episode van Kontreikuiers met Cyril Viljoen oor haar musiekloopbaan, haar kuns en hoekom sy dit as 'teatrale Afrikana' beskryf. In die potgooi hieronder verklap sy ook meer oor haar voorliefde vir die platteland en haar Great Dane, Barnaby.

Kyk die musiekvideo vir haar jongste snit hieronder. Dit was op haar pa se plaas op Clarens geskiet.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.