On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

At Lunch

KontreiKuiers: Marli van der Bijl woeker in die buiteland

───   12:27 Tue, 22 Mar 2022

KontreiKuiers: Marli van der Bijl woeker in die buiteland | News Article
Marli van der Bijl PHOTO: supplied

In 'Kontreikuiers' kuier en klets Cyril Viljoen elke week met kleurvolle en interessante persone regoor Sentraal-Suid-Afrika. Vandeesweek draai hy by Marli van der Bijl in Australië.

In Maart het Kontreikuiers spesiaal ons grense na die buiteland verbreed om bietjie op te vang met oud-inwoners van Sentraal Suid-Afrika. Een van hulle is Marli van der Bijl, 'n sangeres-aktrise van De Aar, wat aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein studeer het, en tans in Melbourne, Australië woon.

Lees ook: Die waarheid oor duiwe

Marli het ondervinding in musikale teater, drama, jeug- en kinderteater, sang, dans en voorlesing. 

Sy het ook ses maande in Nederland gewerk as bestuurder vir 'n toermusiekblyspel, waar sy ook as 'n professionele sanger op die eiland Corfu in Griekeland opgetree het. 

Marli is 'n kunstenaar in murg en been en haar belangstellings sluit in: fotografie, ontwerp, skryf en kuns. Sy het ook onlangs 'n 'stop motion animation' gemaak met Lego-blokkies - kyk die video hieronder.

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.