Babbelgum vir die Siel
Heerlike aartappelslaai─── 08:31 Sat, 10 Aug 2013

Bestanddele:
250 g spek, gesnipper
20 ml olyfolie
1 groot ui, gekap
1 koppie mayonnaise
3 eetlepels kondensmelk
1 teelepel engelse mosterd
2 eetlepels mosterdsous
1 wiel fetakaas, gekrummel
Metode:
Kook aartappels in soutwater tot sag. Spoel af met koue water en trek skille af. Sny in skywe en plaas in ‘n mengbak. Braai die ui in die olyfolie tot sag. Voeg die spekblokkies by en braai saam tot gaar en goudbruin. Voeg dit by die aartappels en roer deur. Meng die mayonaise, kondensmelk, mosterd, mosterdsous en fetakaasblokkies saam en roer dit by die aartappelmengsel in. Skep die slaai in ‘n houer met ‘n deksel en plaas oornag in die yskas. Hoe langer die slaai
staan, hoe lekkerder smaak dit. Lewer 4 tot 6 porsies.