Babbelgum vir die Siel
Mosselsop resep─── 07:08 Sat, 24 Jul 2010

Mosselsop
Bestanddele
1 pakkie hoenderroomsoppoeier of wit uiesoppoeier
1 blikkie gerookte mossels
500 ml melk
250 ml room of water
Indien dik sop verkies word, verminder die vloeistof, bv. 250 ml melk en 250 ml room / water.
Metode
Dreineer die mossels indien verkies, andersins druk net die mossels in die olie fyn. Meng al die bestanddele in ‘n bak en kook op hoë hitte vir 8 tot 10 minute in die mikrogolfoond.