Wat eet ons vanaand?
Wat eet ons vanaand? - Feestelike Franse roosterbrood─── 12:27 Wed, 25 Sep 2013

Om in die kombuis te staan en wonder: "Wat eet ons vanaand" behoort nou makliker te wees want Sjef Sune Niemand en Checkers het elke week 'n heerlike resep. Vanmiddag probeer ons 'n Franse roosterbrood maar met 'n twist - dit word nie as ontbyd bedien nie. Luister gerus na haar wenk hier onder en laai die podcast gerus af.

Bedien 6
Oond 180°C
5elk eiers
Sout en varsgemaalde swart peper
6elk snye brood
15ml botter
250g spek, gesnipper (kan ook ipv spek iets soos gerookte mossels gebruik)
3elk tamaties, geskil, pitte verwyder en gekap
250ml cheddar, gerasper
2elk skywe feta, grof gekrummel
Metode:
1. klits die eiers, sout en peper liggies en week die brood in die eier mengsel totdat al die eier geabsorbeer is.
2. verhit die botter in ‘n groot braaipan en braai die geweekte snye brood tot bruin aan albei kante. Pak die gebraaide snye brood in ‘n oondpan en braai die spek in dieselfde pan as waarin die brood gebraai was.
3. sprei die gebraaide spek (of mossels) en tamaties egalig oor die brood en sprinkle die cheddar en feta kaas oor – bak totdat die kaas begin smelt. Sit voor met groenslaai
Wat eet ons vanaand? - Feestelike Franse roosterbrood: